...
首页> 外文期刊>south african journal of plant and soil >Die sif van sonneblomsaad vir die verbetering van olie- en proteienherwinning
【24h】

Die sif van sonneblomsaad vir die verbetering van olie- en proteienherwinning

机译:Die sif van sonneblomsaad vir die verbetering van olie- en proteienherwinning

获取原文
           

摘要

Voor die olie van sonneblomsaad(Helianthus annuusL.) uitgepers word, word dit ontdop om onder andere die kwaliteit van die oliekoek so hoog moontlik te kry. Dopbaarheid, of die gemak van ontdopping, het 'n positiewe verwantskap met saadgrootte. Aangesien saadmonsters 'n samestelling van verskillende saadgroottes is en elk moontlik 'n unieke dopperverstelling vereis, bestaan die moontlikheid dat indien elke grootteklas teen sy unieke optimale dopperspoed gedop word, die effektiwiteit van die verwerkingsproses verbeter kan word. Vier saadmonsters is in grootteklasse van 3, 3#x2013;3.5 en 3.5 mm geskei. Die drie grootteklasse en 'n ongesifte monster is teen 'n voorafbepaalde optimale dopperspoed ontdop en elk is in 'n fyn-, kernryke en dopryke fraksie geskei en geweeg. Die persentasie dop wat verwyder is (die dopbaarheid), is bereken en die olie- en proteieninhoud van die kernryke fraksies is bepaal. Die gedopte en ongedopte monsters is vergelyk deur middel van die Student-t-toets met kontraste. Saadbron het die oorheersende invloed op die saadkwaliteitparameters vir verwerking getoon. 'n Beperkte voordeel is deur te sif teweeggebring, deurdat die potensieel herwinbare olie vir slegs twee van die vier monsters met 9 verhoog is en vir een verlaag is, terwyl die hoeveelheid en proteieninhoud van die potensiele oliekoek vir slegs een monster verhoog is. Weens verskille in die dopbaarheid, is met die sif van die saad daarin geslaag om drie potensiele oliekoeke van elke monster te produseer, waarvan die proteien- inhoud met tot 5.5 persentasiepunte verskil het.

著录项

获取原文

客服邮箱:kefu@zhangqiaokeyan.com

京公网安备:11010802029741号 ICP备案号:京ICP备15016152号-6 六维联合信息科技 (北京) 有限公司©版权所有
  • 客服微信

  • 服务号